Albert Einstein

Albert Einstein
Einstein tydens 'n lesing in Wene in 1921.
Gebore14 Maart 1879
Ulm, Koninkryk van Württemberg, Duitse Keiserryk
Sterf18 April 1955
NasionaliteitKoninkryk van Württemberg (1879–1896)
Staatloos (1896–1901)
Vlag van Switserland Switserland (1901–1955)
Vlag van Oostenryk-Hongarye Oostenryk-Hongarye (1911–1912)
Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk (1914–1918)
Vlag van Republiek van Weimar Republiek van Weimar (1919–1933)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (1940–1955)
Beroepakademikus, fisikus, uitvinder
Bekend virAlgemene relatiwiteit en spesiale relatiwiteit
foto-elektriese effek
Massa-energie-ekwivalensie
Teorie van Brown se beweging
veld-vergelykings
Bose-Einstein statistiek
Bose-Einstein kondensaat
Bose-Einstein korrelasies
Verenigde veldteorie
EPR-paradoks
EggenootMileva Marić (1903–1919)
Elsa Löwenthal (1919–1936)
Kinders"Lieserl" (1902–1903?)
Hans Albert (1904–1973)
Eduard "Tete" (1910–1965)
Ouer(s)Hermann Einstein (vader)
Pauline Einstein (moeder)
Handtekening

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Albert Einstein FRS (14 Maart 187918 April 1955) was 'n teoretiese fisikus wat wyd as die grootste wetenskaplike van die 20ste eeu beskou word. Hy het die relatiwiteitsteorie voorgestel en groot bydraes tot die ontwikkeling van kwantummeganika, statistiese meganika en kosmologie gemaak. Hy is in 1921 die Nobelprys vir fisika toegeken vir sy verduideliking van die fotoëlektriese effek en "vir sy diens gelewer aan Teoretiese Fisika".[1]

Na die formulering van sy algemene relatiwiteitsteorie word Einstein wêreldberoemd, 'n ongekende eer vir 'n wetenskaplike. In latere jare het sy beroemdheid bo enige ander wetenskaplike in die geskiedenis uitgestaan, en in omgangstaal is Einstein sinoniem met iemand van baie hoë intelligensie of die grootste genie. Sy gesig is ook een van die mees herkende in die wêreld. In 1999 is Einstein as "Persoon van die Eeu" deur Time Magazine benoem. Hierdie populariteit het ook gelei tot die wye gebruik van Einstein in advertensie en bemarking, en sluit selfs die registrasie van Albert Einstein as 'n handelsmerk in.

'n Eenheid in fotochemie, die einstein, sowel as die chemiese element einsteinium en die asteroïede 2001 Einstein is ter ere na hom vernoem.

  1. "The Nobel Prize in Physics 1921" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op 8 Oktober 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne